Wessel & Hester het ‘n klein intieme troue net vir familie en vriende by hulle huis in Pretoria gehou. Dit was vir die familie ‘n baie spesiale dag en daar is behoorlik gekuier. Hulle was ook bevoorreg om 3 geslagte Peens manne saam te gehad het. Hester & Wessel, baie dankie dat ons die dag ook saam met julle kon deel. Hoop julle het nog baie gelukkige jare vorentoe.