Ek het verlede Saterdag bietjie sport fotografie probeer. Ek het nog baie om te leer, maar is heel tevrede met hoe die uitgekom ht. Ek was deel van ‘n groep fotograwe wat by Laerskool Tygerpoort in Pretoria die Bulletjie Rugby afgeneem het. Elkeen het ‘n veld gehad en ek het die onder 6’s gehad. Ek is mal oor die emosie wat hulle het en dat hulle nog so onskuldig rugby speel. Ek is seker van hulle gaan definitief oor ‘n paar jare in die Groen en Goud speel.