Ek het weer die kans gehad om so ‘n paar fototjies vir Leoné te doen. Dit is lekker om te sien hoe sy oor die paar jaar wat ek haar afneem, ontwikkel het van ‘n meisie tot ‘n tiener en nou al op die rand van ‘n jong vrou staan.
Ons het dit sommer hier in Delmas gedoen en ons is so gebless met al die mooi Kosmos velde rondom ons.