Die dag was vir my ekstra spesiaal omdat ek my eie seun en sy vriende, wat ook soos eie kinders voel, se Matriekafskeidsdag vir hulle kon vaslê. Met tye dink ek het al die grootmense so klein bietjie emosioneel geraak, want op so ‘n dag, met hulle netjies uitgevat in hulle formele klere en pakke, het ons besef dat hulle nou grootmens wêreld betree. Baie dankie ook vir Charmaine van Delmas Country Lodge, dat ons julle plek kon gebruik het vir die fotos. Geniet die fotos.