Elke jaar hou Delmas Hoërskool ‘n modeparade vir die matrieks se aankoms by die skool om op die rooi tapyt te loop vir al die toeskouers. Hulle vertrek dan na hulle venue waar hulle die aand geniet.
Die skool het sy eie mense gehad wat fotos en videos van die aankoms gemaak het vir die kinder, maar ek het darem kans gekry om soos hulle op die loopplank aangekom het so bietjie van my eie fotos te kon neem. Ek moet sê dat ek so trots gevoel het op die kinders, want almal het regtig besonders gelyk.