Celia het my gekontak om paar fotos van al die familie en kinders te doen as hulle die 12de bymekaar kom. Ek het nog altyd ‘n liefde gehad om kinders en babas se gesiggies te kan vaslê op kamera en ek kon my behoorlik geniet met al die kinder gesiggies. Met almal wat soveel fun was en die kinders wat vir alles “game” was, kon ek soveel mooi fotos gekry het. Kinders maak die mooiste fotos, juis omdat hulle nie altyd “pose” vir ‘n kiekie nie, maar hulle natuurlike uitdrukking gee. Celia, baie dankie aan julle dat julle my deel van die herinneringe gemaak het.