Keenan & Tristan is twee boeties wat 2 & 4 geword het en omdat hulle so bymekaar verjaar is hulle partyjie sommer saam gehou. Dit is by Tjommies Party Venue in Springs gehou. Dit was ‘n brandweer tema partyjie gewees en al die detail van so besonders. Die koeke was ongelooflik met al die detail van ‘n regte brandweer waens en dan het hulle nog die kinders getreat met ‘n rit op ‘n regte brandweer wa. Annatjie baie dankie vir die geleentheid en om die daggie saam met julle te kon deel.
Waar kan ek kontak maak met die ouers wat die partytjie gereel het. Ek sou graag meer inligting wou he oor waar hulle die decor gekry het. Ons hou in April vir ons seuntjie n brandweerpartytjie. Dankie