Ek het die kans gekry om saam met Odette, eienaar van Purple Plum Partes te werk om Claurette se Glamour / Runway Partytjie te kon vaslê. Sy en haar mense los niks uit nie en sorg vir elke detail om gedoen te word. Die meisies het hulle eie runway gehad en is ook getreat om hulle hare en make up gedoen te kry. Daarna het ons hulle voor die kameralens gesit. Die is die mooiste groepie meisies wat ek bymekaar gehad het. Hoop julle geniet die fototjies en kry ‘n idee van hoe spesiaal die daggie vir hulle was.